NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 28 JULIE 2024

09:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.

Teks: Lukas 15.

Tema: Verlorenes is welkom by God.

09:00 Pienkvoete. In die Ark.

10:00 GLO. Gr. R-6.

 

18:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg.

Teks: My eie tronk.

Tema: Handelinge 12:1-11.

GLO: Gr. 7-11.

 

Sondag 28 Julie

09:00

Teks: Lukas 15
Tema: Verlorenes is welkom by God
Skakel: https://youtube.com/live/VYbBwYyA5MM

Liewe geloofsfamilie,

Om buite die wil van God te beweeg bring ons elke gelowige by ‘n doodloopstraat. ‘n Plek waar ons gedagtes verander word; ons harte verhard en ons verhouding met God skade lei. Dit oortuig ons met die leuen dat daar ‘n afstand tussen ons en God ontstaan het wat nie sommer oorbrug kan word nie.

Jesus leer ons aan die hand van drie gelykenisse dat ons die hierdie leuen nie moet glo nie, maar eerder vertroue hê in die Sy genade, liefde en trou.

Sondagoggend gesels ons verder hieroor.
Sien julle graag daar.
Ds. Willie 

Sondag 28 Julie

18:00

Vriende,

Ons kyk Sondagaand saam na die wonderbaarlike verhaal van Petrus wat bevry word uit die tronk met die hulp van ‘n engel van die Here. Hierdie gedeelte is besonders want God gee aan Petrus uitkoms in ‘n moeilike situasie en saam met dit antwoord Hy op die gebede van die Christen gemeenskap. ‘n Werklik bonatuurlike gebeurtenis wat Petrus self eers nie werklik verstaan nie. Maar dan ook die vraag by ons: Hoekom gee God aan Petrus hierdie uitkoms? En wat maak sy situasie soveel anders as my of joune? Kom luister gerus Sondagaand saam wanneer ons dieper kyk na die groter prentjie van wat hier gebeur. Sien julle daar! 

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: My eie tronk
Teks: Handelinge 12:1 – 11

Skakel: https://youtube.com/live/8rA62n0LZZI 

Hou hierdie spasie dop vir addisionele dienste 

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier