ngoverkruin@gmail.com

Tel No: 012 567 2177 / 012 567 7943 

Faks No: 086 762  0918

Kameeldoringlaan 65, Wonderboom Pretoria

Gesinsdiens om 09:00 en Aanddiens om 18:00

Musiek

Overkruin se aktiewe musiekbediening bied iets vir elkeen se smaak, van die fynproewer tot diegene wat meer tradisionelekerkmusiek verkies. Ons het 'n groot 3-manuaal pyporrel met nagenoeg 2000 orrelpype en 36 sprekende registers. Hierdie orrel wat in 1980/1981 deur Jan Roeleveld gebou is, is die grootste kerkorrel noord van die Magaliesberge en een van die grootste kerkorrels in Pretoria.

 

Saam met die orrel word daar ook gereeld instrumente bespeel soos trompet, viool, dwarsfluit, saksofoon, harp, kitaar en selfs doedelsak en konsertina. Soms span ons ook 'n klawerbord in.

 

Overkruin is ook een van die min gemeentes wat nog 'n koor (kantory) het. Die koorgetalle wissel tussen 20 en 30 lede.

 

Vir die jeug en ander persone wat 'n ander aanslag verkies, het ons 'n sangbediening bestaande uit 'n groep voorsangers, met begeleiding deur die orrel, klawerbord, klavier, kitaar en perkussie-instrumente. Hierdie groep tree hoofsaaklik by die meer jeuggerigte aanddienste op.

 

Ander musiekaktiwitiete wat by Overkruin plaasvind, is kerkkonserte, musiekkonserte, passiespele en koorfeeste.

Lidmate word uitgenooi om te kom deelneem aan die verskeidenheid aktiwiteite van die musiekbediening.

IMG 1004

Tel No: 012 567 2177 

Kameeldoringlaan 65, Wonderboom Pretoria

Kantoorure

Maandae tot Vrydag: 08:00 - 13:00
Sondae: 09:00 - 10:15, 19:00 - 19:15

Wie is Ons

Die Ned Geref Gemeente Overkruin is 'n gemeente met ongeveer 2000 lidmate aan die noordekant van die Magaliesberg. Ons gemeente word bedien deur 2 voltydse leraars. Dit is 'n gemeente met 'n eie gereformeerde identiteit wat vernuwend oor haar roeping binne die groter samelewing dink. Lees hier meer.

DMC Firewall is a Joomla Security extension!