Inligting oor
Sondag se Preek
SONDAG 21 APRIL 2024
09:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.
Teks: Lukas 24:13-35.
Tema: Teleurgesteld in God.
09:00 Pienkvoete. In die Ark.
10:00 GLO. Gr. R-6.
18:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg
Teks: Efesiërs 2:11-22.
Tema: ‘n Geestelike huis.
GLO: Gr. 7-11.
Sondag 21 April
09:00
Liewe geloofsfamilie,
Miskien is jy op ‘n plek in jou lewe waar alles vir jou verlore voel. Jy het gebid, gevra en gesoek, maar jou drome en verwagtinge het nie gerealiseer nie. Dit voel vir jou of jy in doodloopstraat beland het en dit lyk nie of daar nie of daar uitkoms is nie. Miskien, al wil jy dit nie sê nie, is jy teleurgesteld in God.
Sondagoggend gesels ons saam oor hierdie tema, aan die hand van die verhaal van die Emmausgangers, waarin ons sien hoe God met ons teleurstelling werk, verkeerde verwagtings regstel, en verandering bring wanneer ons bewus word van ons ontmoeting met die opgestane Here.
Skriflesing Luk 24:13-35
Tema: Teleurgesteld in God
Skakel: https://youtube.com/live/YI8V3jQGBRQ
Hoop om almal daar te sien.
Vrede,
Ds. Willie
Sondag 14 April
18:00
Liewe Geloofsfamilie,
In Joh 20 lees ons van Jesus se dissipels wat uit vrees hulself toegesluit het in ‘n bovertrek.
Van al die emosies wat mense ervaar, dink ek vrees het die grootste impak op mense se lewens.
Want vrees laat ons soms veg vir oorlewing.
Maar meeste kere laat vrees laat ons ook vlug van wat ons beskou as gevare. Vrees laat ons vries en los ons dikwels in ‘n moeilike, angsbevange situasies waar ons gedagtes ons liggame nie weet hoe om te reageer nie. Vrees kan ons geloof gevangenis hou, net soos in die geval van die dissipels
Maar daar was ‘n gebeurtenis wat die dissipels verander het van vreesvolle wegkruipers tot vurige verkondigers van die Evangelie. Hierdie gebeurtenis was die verskyning van Jesus.
Eerskomende Sondagaand gesels ons verder hoe Jesus se teenwoordigheid ons eie vrese laat verdwyn.
Skriflesing: Joh 20:19-25
Tema: Wanneer vrees ons geloof gevange hou
Skakel: https://youtube.com/live/9VFOVgGx4s4
Vrede,
Ds. Willie
Geen
Kontak Ons
Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon
(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).
1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg
2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4
3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw