NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 14 APRIL 2024

09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg. Doop.

Teks: Matteus 7:21-23.

Tema: Gaan weg van My af …

09:00 Pienkvoete. In die Ark.

10:00 GLO. Gr. R-6.

 

18:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.

Teks: Johannes 20:19-25.

Tema: Wanneer vrees ons geloof

gevange hou.

 GLO: Gr. 7-11.

Sondag 14 April

09:00

Vriende,

“Gaan van My af weg” is die gevreesde woorde van Jesus in Matteus 7:21 – 23. Hierdie teks vertel hoe nie almal die Koninkryk van die hemel sal sien nie. Hierdie gedeelte bring angs en vrees vir mense en tog is daar iets baie diep wat Jesus hier probeer deurgee. Ons gaan Sondagoggend saam hieroor gesels en as hierdie gedeelte vir jou angs gee kom luister gerus saam na ‘n ander perspektief oor wat die teks kan beteken. Ons het ook die voorreg om deel te wees van die Sakrament van die Doop. Kom dien saam as getuie. Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Gaan van My af weg
Teks: Matteus 7:21 – 23

Skakel: https://youtube.com/live/hVUupQ9ET8E 

Sondag 14 April

18:00

Liewe Geloofsfamilie,

In Joh 20 lees ons van Jesus se dissipels wat uit vrees hulself toegesluit het in ‘n bovertrek.

Van al die emosies wat mense ervaar, dink ek vrees het die grootste impak op mense se lewens.
Want vrees laat ons soms veg vir oorlewing.
Maar meeste kere laat vrees laat ons ook vlug van wat ons beskou as gevare. Vrees laat ons vries en los ons dikwels in ‘n moeilike, angsbevange situasies waar ons gedagtes ons liggame nie weet hoe om te reageer nie. Vrees kan ons geloof gevangenis hou, net soos in die geval van die dissipels

Maar daar was ‘n gebeurtenis wat die dissipels verander het van vreesvolle wegkruipers tot vurige verkondigers van die Evangelie. Hierdie gebeurtenis was die verskyning van Jesus.

Eerskomende Sondagaand gesels ons verder hoe Jesus se teenwoordigheid ons eie vrese laat verdwyn.

Skriflesing: Joh 20:19-25
Tema: Wanneer vrees ons geloof gevange hou
Skakel: https://youtube.com/live/9VFOVgGx4s4

Vrede,
Ds. Willie 

Skakel: https://youtube.com/live/ePDjy3bZuTo 

Geen

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier