Inligting oor
Sondag se Preek
SONDAG 12 JULIE 2026
09:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.
Teks: Lukas 10:38-42.
Tema: Wanneer God anders werk: Marta
en Maria: Die dag wat nie volgens plan
verloop het nie.
18:00 Geen erediens.

Sondag 12 Julie 2026
09:00
Tema: Wanneer God anders werk: Marta en Maria: Die dag wat nie volgens plan verloop het nie
Skriflesing: Luk 10: 38-42
Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/GyDVCR9H3Ik
🌿 SONDAGOGGEND EREDIENS 🌿
Liewe geloofsfamilie
Eerskomende Sondag gaan ons voort met ons Preekreeks: "Wanneer God anders werk".
Ons leef in 'n wêreld waar besig wees dikwels as 'n maatstaf van sukses beskou word. Selfs in ons geloof kan ons só besig raak om dinge vir Jesus te doen, dat ons vergeet om eenvoudig by Jesus te wees.
Hierdie Sondag ontdek ons hoe Jesus vir Marta en Maria wys dat God se prioriteite dikwels anders is as ons eie.
Berei jou hart voor deur oor die volgende vrae te bid en na te dink:
❖ Waarmee is my hart die meeste besig?
❖ Is ek besig vir Jesus, maar maak ek nog tyd met Jesus?
❖ Watter goeie dinge neem dalk die plek in van die beste deel wat Jesus vir my bedoel het?
❖ As Jesus vandag by my huis sou aankom, sou ek eerste fokus op wat ek vir Hom kan doen... of daarop om eenvoudig by Hom te wees?
Kom luister saam hoe Jesus ons nooi om weer die beste deel te kies.
"Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie."
– Lukas 10:42

Sondag 28 Junie 2026
18:00
Geen
Kontak Ons
Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon
(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).
1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg
2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4
3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw