NG OVERKRUIN
WIE IS ONS?
Die Ned Geref Gemeente Overkruin is 'n gemeente met ongeveer 1800 lidmate aan die noordekant van die Magaliesberg. Ons gemeente word bedien deur 2 voltydse leraars. Hulle word bygestaan deur ‘n emeritus vir ons Omvattende Seniorvolwassenebediening, asook ‘n Jeugwerker vir ons Jeugbediening. Dit is 'n gemeente met 'n eie gereformeerde identiteit wat vernuwend oor haar roeping binne die groter samelewing dink.
As jy so bietjie verder op hierdie webwerf rondkuier sal jy ontdek dat ons gemeente met heelwat aksies 'n verskil probeer maak in lidmate en nie-lidmate se lewens. Ons saamwees as gelowiges is vir ons belangrik en daarom sien ons ons eredienste as die feesgeleenthede waar God telkens geloof en aanbid word.
Ons kleingroepbyeenkomste sorg vir onderlinge verbondenheid en geestelike groei en ons uitreike na buite streef daarna om hoop aan mense te bring.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.
Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
Bo dit alles moet julle mekaar liefhê.
Dis die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.
Kolossense 3:13