12 Junie 2022 Aanddiens – Ds. Willie Rothmann

Teks: Psalm 8

Tema: Is ek goed genoeg

Minderwaardigheidskompleks of die vrees vir goed genoeg het sy wortels ook diep in ons geloofslewe kom inslaan. Meeste van ons het in ons geloofsomgewing grootgeword waar ons gereeld, amper elke Sondag herinner is dat ons nie goed genoeg is nie! Herinner aan hoe onwaardig ons is, hoe swak ons is! En dit laat by baie kinders van die Here die vraag of ek ooit vir God goed genoeg kan wees? En vir party mense is dit lankal nie meer net ’n vraag nie, maar ’n vrees. Nie goed genoeg vir God nie! Sondag aand praat ons verder hieroor.

U kan op die volgende skakel druk om die volledige erediens te kyk:

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Donderdag 14 April 2022 – Ds. Willie Rothmann

“Dit is volbring!” Hierdie emosionele woorde van Jeus aan die kruis is nie woorde van opgee of verloor nie. Nee, dit is ’n verklaring wat Jesus maak. Dit is volbring, dit is afgehandel. Met hierdie tweede laaste kruiswoord van Jesus word ons vertroos en bemoedig dat Sylewensmisie – die rede hoekom Hy as God mens…

Luister na die preek...

Ds. Willem Rothmann 12 April 2022 Aanddiens

Groot LydingsweekVierdie kruiswoord van JesusTema: My God. My God. Hoekom het U my verlaat Met hierdie kruiswoorde bereik ons die dieptepunt van Jesuse lyding en die dieptepunt van ons Geloof. Let: Jesus bid hier nie die intieme Aramese woord Abba (“Vader/Pappie”) nie. Hy staan nie hier voor God as Sy geliefde seun nie, maar as…

Luister na die preek...

Ds. Willem Rothmann – 10 April 2022 Aanddiens

Tweede Kruiswoord“Ek verseker jou. Vandag sal jy saam met my in die paradys wees” Die misdadiger aan die kruis vra vir die Here: “Dink aan my?” Hy vra nie om gered te word of vir een of ander groot wonder werk nie. Net dink aan my. Niks meer nieMaar in die proses kry hy baie…

Luister na die preek...

Sondag oggend 3 April 2022 – Ds. W. Rothmann

Luister na die preek...

Sondag 20 Maart 2022 Oggenddiens Dr Petrus Moolman

Om op die diens in te skakel hier is die skakel https://youtu.be/9vciYBlwvu0

Luister na die preek...

Sondagoggend 27 Maart 2022 – Ds. C. Randall

Teks: Josua 5:2-15 Tema: Lewensveranderende oomblikke Tydens hierdie erediens gaan ons nadink oor lewensveranderende oomblikke in die lewe van Israel wat op `n besondere manier God se getrouheid onderstreep. Hoe help dit jou en my in ons geloofsreis? Ons bedien ook die sakrament van die doop. Jy is baie welkom om saam te kom aanbid….

Luister na die preek...

Aanddiens, 13 Maart 2022 – Dr. N Steyn

Die koeël is deur die kerk… Psalm 27 sê nogal iets daaroor. Ons leef in onstuimige tye. Tye van vrees, oorlog en onsekerheid. Waar sal ons moed kry om vorentoe te lewe? Waarop sal ons staatmaak en vertrou? Kom dink vanaand saam met ons hieroor… Volg gerus die skakel om deel te word van die…

Luister na die preek...

SONDAG 6 MAART 2022 Dr Petrus Moolman Om die erediens te sien https://youtu.be/NkeyJu9fsQU

Luister na die preek...