24 Julie 2022 – Ds. Willie Rothmann

10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie
Die dissiploine van geestelike armoede

“Salig is die wat arm van Gees is, want aan hulle behoort die Koninkryk van God” – Matt 5:3

U kan op die volgende skakel druk om na die volledige erediens te kyk

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagoggend 27 Maart 2022 – Ds. C. Randall

Teks: Josua 5:2-15 Tema: Lewensveranderende oomblikke Tydens hierdie erediens gaan ons nadink oor lewensveranderende oomblikke in die lewe van Israel wat op `n besondere manier God se getrouheid onderstreep. Hoe help dit jou en my in ons geloofsreis? Ons bedien ook die sakrament van die doop. Jy is baie welkom om saam te kom aanbid….

Luister na die preek...

Aanddiens, 13 Maart 2022 – Dr. N Steyn

Die koeël is deur die kerk… Psalm 27 sê nogal iets daaroor. Ons leef in onstuimige tye. Tye van vrees, oorlog en onsekerheid. Waar sal ons moed kry om vorentoe te lewe? Waarop sal ons staatmaak en vertrou? Kom dink vanaand saam met ons hieroor… Volg gerus die skakel om deel te word van die…

Luister na die preek...

SONDAG 6 MAART 2022 Dr Petrus Moolman Om die erediens te sien https://youtu.be/NkeyJu9fsQU

Luister na die preek...

Sondagaand, 27 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Kom groet saam vir Ds. E Sassenberg en luister na haar laaste boodskap aan die Gemeente. Kom dink saam oor die verlede, hede en toekoms. Hoe lyk die pad vorentoe? Teks: Josua 1:9 Tema: Dink terug aan die verlede, leef in die hede en verander die toekoms. Kliek gerus op die skakel om deel te…

Luister na die preek...

Sondagoggend, 27 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Kom groet saam vir Ds. E Sassenberg by haar afskeidsdiens en luister na haar laaste boodskap aan die Gemeente. Kom dink saam oor die verlede, hede en toekoms. Hoe lyk die pad vorentoe? Teks: Josua 1:9 Tema: Dink terug aan die verlede, leef in die hede en verander die toekoms. Skakel gerus in by die…

Luister na die preek...

Sondagaand, 13 Februarie 2022 – Dr. N Steyn

More is Valentynsdag, ‘n dag wat romantiese liefde vier. Die grootse bewys van liefde egter, is dat God Homself in Jesus Christus aan ons gegee het. Jesus wat gekruisig is en opgestaan het, is die hart van ons geloof as Christene. Kon deel in hierdie wonderlike waarheid Sondagaand 13 Februarie 2022. Volg gerus die skakel…

Luister na die preek...

Sondagoggend, 13 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Ons lees saam uit Korintiërs 15 waar nie net Paulus se integriteit in gedrang was nie, maar ook elkeen van ons se integriteit. Kom dink saam na oor die hart van ons geloof. Volg gerus die skakel om deel te word van die diens.

Luister na die preek...

Sondag 6 Februarie 2022 Dr Petrus Moolman

Ons vra die vraag of Jesus in 2022 nog steeds ‘verskyn’ om sy teenwoordigheid te bevestig. Om hierdie erediens te kyk gebruik hierdie skakel: https://youtu.be/dOGTWTkZRJw

Luister na die preek...