Donderdag 14 April 2022 – Ds. Willie Rothmann

“Dit is volbring!” Hierdie emosionele woorde van Jeus aan die kruis is nie woorde van opgee of verloor nie. Nee, dit is ’n verklaring wat Jesus maak. Dit is volbring, dit is afgehandel.

Met hierdie tweede laaste kruiswoord van Jesus word ons vertroos en bemoedig dat Sylewensmisie – die rede hoekom Hy as God mens geword en afgekom het aarde toe om verlossing vir ons te bring – voltooi is.

Maar hierdie woorde van Jesus konfronteer ons en vra van ons of ons besig is om te volhard met die lewensmissie wat God aan ons toevertrou het. Volhard ons soos atlete om ons wenstreep te behaal?
Vanaand gesels ons verder hieroor
U word ook hartlik uitgenooi om aan die tafel van Christus te kom sit en saam die sakrament van die Nagmaal te gebruik

Druk gerus op die volgende skakel om na die volledige diens te kyk

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondag oggenddiens14 Augustus 2022 -Ds. Willie Rothmann

Teks: Lukas 9: 23-27 Tema: Die dissipline van selfverloëning : Tel jou kruis op en volg Hom Gedurende ons huidige preekreeks: “10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie”, ondersoek ons 10 uitsprake wat Jesus gemaak het, wat ons moderne Christenskap en verstaan dissipelskap uitdaag. Sondag 14 Augustus, gesels ons saam met wat…

Luister na die preek...

24 Julie 2022 – Ds. Willie Rothmann

10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nieDie dissiploine van geestelike armoede“Salig is die wat arm van Gees is, want aan hulle behoort die Koninkryk van God” – Matt 5:3 U kan op die volgende skakel druk om na die volledige erediens te kyk

Luister na die preek...

Sondagoggend 19 Junie Dr Petrus Moolman

Om hierdie video te kyk, gebruik die volgende skakel:https://youtu.be/rtb6jcoVYmQ

Luister na die preek...

12 Junie 2022 Aanddiens – Ds. Willie Rothmann

Teks: Psalm 8 Tema: Is ek goed genoeg Minderwaardigheidskompleks of die vrees vir goed genoeg het sy wortels ook diep in ons geloofslewe kom inslaan. Meeste van ons het in ons geloofsomgewing grootgeword waar ons gereeld, amper elke Sondag herinner is dat ons nie goed genoeg is nie! Herinner aan hoe onwaardig ons is, hoe…

Luister na die preek...

22 Mei 2022 Aanddiens – Ds. Willie Rothmann

Teks: Fil 4:6-7 Tema: Wanneer my emosies te veel raak Die gemiddelde persoon kan net 6 van die 27 verskillende emosies noem wat ons as mense kan ervaar. Hierdie feit, saam met die onsekere tye waarin ons vandag lewe kan meebring dat emosioneel, verstandelik en selfs geestelik oorweldig voel. Vanaand praat ons ‘n bietjie oor watter…

Luister na die preek...

Aanddiens 15 Mei 2022 – Ds. Willie Rothmann

Een van die belangrikste “voorvereistes” vir gelowiges om die Koninkryk van God te sien is om wedergebore te wees. En tog wanneer ons gekonfronteer word met die vraag of ons wedergebore, sukkel ons om die antwoord te gee. Sondagaand gaan ons verder gesels oor wat wedergeborenheid beteken en wat dit van jou as kind van…

Luister na die preek...

Sondag 15 Mei 2022 – Ds. Willie Rothmann

Teks: Handelinge 4:1-12Tema: Jesus se opstanding verander alles: Lewe onder die gesag van Jesus Sondagoggend 15 Mei gaan ons voort met ons Preekreeks: “Die opstanding van Jesus verander alles”. Duisendtalle mense het tot geloof gekom in Jesus Christus as die enigste opgestane Verlosser en Heer.Hulle lewens was was daarvolgens getransformeer, om nie net onder die…

Luister na die preek...

Sondag 24 April 2022 18:00 Dr. Nelius Steyn

Jesus is die Begin en die Einde! Dit beteken dat ons as sy volgelinge, vanuit die oorwinning wat reeds behaal is, lewe! Hoe doen mens dit? Teks: Openbaring 1:8 Tema: Leef agterstevoorom: Begin by die einde… Kom groei en geniet hierdie toekomsbepaalde perspektief!!! Volg gerus hierdie skakel vir die erediens: https://youtu.be/yG78jSho3aA Vrede! Dr. Nelius Steyn

Luister na die preek...