Donderdag 14 April 2022 – Ds. Willie Rothmann

“Dit is volbring!” Hierdie emosionele woorde van Jeus aan die kruis is nie woorde van opgee of verloor nie. Nee, dit is ’n verklaring wat Jesus maak. Dit is volbring, dit is afgehandel.

Met hierdie tweede laaste kruiswoord van Jesus word ons vertroos en bemoedig dat Sylewensmisie – die rede hoekom Hy as God mens geword en afgekom het aarde toe om verlossing vir ons te bring – voltooi is.

Maar hierdie woorde van Jesus konfronteer ons en vra van ons of ons besig is om te volhard met die lewensmissie wat God aan ons toevertrou het. Volhard ons soos atlete om ons wenstreep te behaal?
Vanaand gesels ons verder hieroor
U word ook hartlik uitgenooi om aan die tafel van Christus te kom sit en saam die sakrament van die Nagmaal te gebruik

Druk gerus op die volgende skakel om na die volledige diens te kyk