9 Mei 2021-Aanddiens, dr. Nelius Steyn en prop. Elané Sassenberg: Belydenisaflegging

Openbare Belydenisaflegging van Geloof uit 1 Petrus 4:15: “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” Tema: Is jy gereed? Kom deel in die kosbare belewenis van jongmense wat getuig dat hulle aan Jesus Christus behoort en bereid is om vir Hom te lewe! Moet dit nie mis nie! Saam met hulle word elkeen van ons weereens gekonfronteer met ons roeping as kinders van God. Is jy gereed om te getuig van die hoop wat in jou lewe?

Volg hierdie skakel om die erediens aanlyn te kyk.