9 Mei 2021-Aanddiens, dr. Nelius Steyn en prop. Elané Sassenberg: Belydenisaflegging

Openbare Belydenisaflegging van Geloof uit 1 Petrus 4:15: “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” Tema: Is jy gereed? Kom deel in die kosbare belewenis van jongmense wat getuig dat hulle aan Jesus Christus behoort en bereid is om vir Hom te lewe! Moet dit nie mis nie! Saam met hulle word elkeen van ons weereens gekonfronteer met ons roeping as kinders van God. Is jy gereed om te getuig van die hoop wat in jou lewe?

Volg hierdie skakel om die erediens aanlyn te kyk.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagaand 16 Mei 2021 – Pinkster 1 – dr. Thinus van Staden.

Tydens vanaand se aanddiens skop ons Pinksterreeks af. dr. Thinus lees uit Markus 1: 1 – 8; 9 – 11. Jy is welkom om saam te kom aanbid. Vir `n klankopname van die preek, volg die skakel. Vir die volledige video van die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Luister na die preek...

Sondag 16 Mei 2021 09:00 Dr Petrus Moolman

Om by die diens in te skakel, kliek hierhttps://youtu.be/fdq2xuwi5SY

Luister na die preek...

Sondag 2 Mei 2021 om 09:00 Dr Petrus Moolman

Om na die diens te kyk, kliek hierhttps://youtu.be/FAMUYEgDE-c

Luister na die preek...

Donderdag 13 Mei – Hemelvaartdiens – dr. Thinus van Staden

Tydens hierdie erediens lees dr. Thinus vanuit Markus 16: 1 – 8 Vir die opname van die preek, volg die skakel Vir die video van die erediens, druk op die onderstaande prentjie:

Luister na die preek...

Sondag 9 Mei 2021 – ds. Corné Randall

Skriflesing: Handelinge 10: 44 – 48. Tema: Goeie nuus oor grense… Tydens vanoggend se erediens lees ons die verhaal van die eerste gemeente verder en ons hoor dat mense wat nie Jode is nie die Gees ontvang. Wat beteken dit vir jou en my? Jy is welkom om saam te kom aanbid tydens ons 09:00…

Luister na die preek...

Sondag 18 April 2021 – Prop Elané Sassenberg

Dis ons laaste Aanddiens voor die skole sluit. Kom beleef dit saam met ons. Die tema is: ‘n Afspraak met Jesus. Kliek gerus op die skakel om die diens aanlyn te kyk.

Luister na die preek...

Sondag 18 April 2021 – ds. Corné Randall

Skriflesing: Lukas 24: 36 – 49. Tema: Wanneer Jesus verskyn. Die sakrament van die doop word bedien en ons gee ook terugvoering oor die besluit van die gemeenteraad oor die vulling van die leraarspos. Jy is welkom om saam te kom aanbid!

Luister na die preek...

Sondag 11 April – dr. Nelius Steyn

Dr. Nelius hanteer die Woordverkondiging vanuit Handelinge 4: 32 – 35. Die tema van die erediens is: Sal iemand hand gee, asseblief? Vir die opname van die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Luister na die preek...