ONS GESKIEDENIS
Die NG Gemeente Overkruin is op 22 September 1978 gestig.
Die twee leraars wat Wonderboom-gemeente op daardie stadium sou afstaan, kan beskou word as die baanbrekers en grondleggers van die nuutgestigte gemeente. Hulle was ds. A.P (Pieter) Louw en ds. C.J. du Plessis (Neels) van Niekerk.
Hulle is op 1 Oktober 1978 beroep en op 21 Oktober 1987 bevestig. Aanvanklik is eredienste en kategese by die Hoërskool Overkruin gehou.
11 Januarie 1980 word ds. G.J.J (Gert) Jonker ontvang en bevestig as derde leraar, en op 20 November 1981 word ds. J.J. (Kobie) Grobler ontvang en bevestig. Nadat ds. Gert Jonker 'n beroep na Bloemfontiein aanvaar het, word die gemeente op 9 Februarie 1985 aangevul deur ds. P.B. (Pieter) Grobler en proponent J.J. (Johan) van Zittert op 2 Maart 1985, toe hy as vyfde leraar in Overkruin georden is.
So het die gemeente Overkruin die eerste makrogemeente noord van die berg geword.
ONS Leraars

Ds. Willie Rothmann

Ds. Heinrich Stapelberg
kontak besonderhede
Leraar Naam: Ds. Willie Rothmann
Sel: 082 490 2362
Epos: will4xtus@gmail.com
Leraar Naam: Ds. Heinrich Stapelberg
Sel: 083 276 1746
Epos: heinrichstapelberg@ngoverkruin.org.za