Ds. Willem Rothmann 12 April 2022 Aanddiens

Groot Lydingsweek
Vierdie kruiswoord van Jesus
Tema: My God. My God. Hoekom het U my verlaat

Met hierdie kruiswoorde bereik ons die dieptepunt van Jesuse lyding en die dieptepunt van ons Geloof.

Let: Jesus bid hier nie die intieme Aramese woord Abba (“Vader/Pappie”) nie. Hy staan nie hier voor God as Sy geliefde seun nie, maar as veroordeelde sondaar, iemand wat totaal en al van God guns verlate is, maar hy sê nogsteeds “My God”. Ten spyte van sy intense belewenis van pyn en seer hou hy aan “My” God vas.

In hierdie kruiswoorde leer Jesus ons dat Hy ons nooit sal verlaat nie…
Hy leer ons dat Hy ons verlos het… Die swaarkry wat ons ervaar, klein is in vergelyking met dit wat Hy in oormaat aan die kruis beleef het. Hy het hierdie woorde uitgeroep sodat ons dit nooit hoef te uit te roep nie…

Vanaand gesels ons hoe ons die Here moet sien in ons eie tye van swaarkry en lyding:
Die God wat ons nooit sal verlaat nie.

indien U die volledige diens wil kyk, druk gerus op die volgende skakel