Kan gegrendel wees betekenis hê?

Laai die PDF hier af.

Dr Petrus Moolman reflekteer oor die betekenis daarvan om “gegrendel” te wees…

In Covid-19 afsondering, April 2020

Met hierdie praatjie probeer ek sommer bietjie padlangs oor die begrip ‘betekenis’ gesels. Dit is nie nog ‘n lysie van dinge wat jy gedurende die tyd van afsondering kan doen nie. Ons hoor die begrip ‘betekenis’ of ‘betekenisvol’ nogal baie. Ek gebruik dit veral in my deelname aan die bediening, in die konteks van ‘betekenisvolle veroudering’. Met hierdie stukkie besinning wil ek egter verder gaan as net dié van ons wat al aan die laterlewe se kant staan. Betekenis is immers iets wat elke mens raak. Ek glo gewoon net nie dat God ons op die aarde geplaas het bloot om asem te haal nie. Daar is beslis ‘n verskil tussen lewe en, kom ons noem dit dan maar, bloot asemhaal. Daar is dus ‘n groot verskil tussen net maar lewe en betekenisvolle lewe. Laai gerus die PDF in die skakel hierbo af om verder te lees.

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
Psalms 16:11

Murasiestories

Dr Petrus Moolman praat oor mense en hulle stories – hoe dit jou eie lewensverhaal kan verryk, of nie Kliek hier om die artikel af te laai

Luister na die preek...

Lank, lank gelede … ééndag

Dr Petrus Moolman kyk saam met ons na die maniere waarop ons verlede- en toekomshunkering te ontvlug KLIEK HIER om die PDF af te laai

Luister na die preek...
foto van maskers

MASKERS

Dr Petrus Moolman skryf oor die maskers wat ons dra – selfs al is dit nie ‘n Covid-19 masker nie Kliek gerus hier om die PDF-artikel af te laai

Luister na die preek...

‘n Fyn Lyn

Dr Petrus gesels oor die fyn lyn tussen regte en verkeerde keuses en die gevolge daarvan… Laai gerus die PDF hier af.

Luister na die preek...

Regte en Verantwoordelikhede – Dr. Petrus Moolman

Dr Petrus gesels met jonger persone vir wie aftrede nog in die toekoms lê. Hy maak die stelling dat die kwaliteit van ons aftrede bepaal word oor hoe ons na lewe kyk. Laai gerus die PDF hier af.

Luister na die preek...

Ek sal opstaan – Dr. Petrus Moolman

 Dr Moolman bespreek die pad van herstel na die emosionele uitdagings van Covid-19 inperkings. Laai gerus die PDF hier af.

Luister na die preek...

Eindpunt of nuwe begin? – Dr. Petrus Moolman

Dr Petrus Moolman bespreek ‘n onderwerp waarvan mense gewoonlik wegskram, maar deel van elke lewe is: Ons einde en ons nuwe lewe … Laai hier af

Luister na die preek...

Verspeelde kanse – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel gesels dr. Petrus Moolman oor hoe ons as gelowiges kan dink oor die verspeelde kanse van die lewe. Kliek hier vir die skakel na die PDF-weergawe van die dokument.

Luister na die preek...

Uitdagings – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel praat en bekyk Dr Moolman uitdagings waarmee ons deur die lewe gekonfronteer word vanuit die dissipels van Jesus se gesigshoek – toe hulle op die uitdagings moes reageer wat Jesus aan hulle gestel het. As jy die artikel verder wil lees, kliek op hierdie skakel.

Luister na die preek...

Dissipline? … Selfrespek?

In hierdie artikel bespreek dr. Petrus Moolman die begrip dissipline in militêre en Bybelse terme. Lees gerus die artikel deur op hierdie skakel te kliek.

Luister na die preek...