Kan gegrendel wees betekenis hê?

Laai die PDF hier af.

Dr Petrus Moolman reflekteer oor die betekenis daarvan om “gegrendel” te wees…

In Covid-19 afsondering, April 2020

Met hierdie praatjie probeer ek sommer bietjie padlangs oor die begrip ‘betekenis’ gesels. Dit is nie nog ‘n lysie van dinge wat jy gedurende die tyd van afsondering kan doen nie. Ons hoor die begrip ‘betekenis’ of ‘betekenisvol’ nogal baie. Ek gebruik dit veral in my deelname aan die bediening, in die konteks van ‘betekenisvolle veroudering’. Met hierdie stukkie besinning wil ek egter verder gaan as net dié van ons wat al aan die laterlewe se kant staan. Betekenis is immers iets wat elke mens raak. Ek glo gewoon net nie dat God ons op die aarde geplaas het bloot om asem te haal nie. Daar is beslis ‘n verskil tussen lewe en, kom ons noem dit dan maar, bloot asemhaal. Daar is dus ‘n groot verskil tussen net maar lewe en betekenisvolle lewe. Laai gerus die PDF in die skakel hierbo af om verder te lees.

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
Psalms 16:11

HOE WERK ALLEENWEES & EENSAAMHEID?

Dr Petrus Moolman In Covid-19 afsondering, Maart 2020 Laai PDF dokument hier af. Covid-19, die wêreldwye Coronavirus het die aarde met ‘n slag getref! Hoe snaaks dit ookal mag klink, in sommige opsigte is dit die beste ding wat ooit kon gebeur het. Ek verwys spesifiek na die aarde. Oral is daar tekens dat die…

Luister na die preek...