SONDAG 14 FEBRUARIE DR PETRUS MOOLMAN
By hierdie geleentheid peil ons die helderheid van die Lig van die Evangelie en hoe skerp ons dit dit wêreld indra. Volg hierdie skakel om na die erediens te luister https://www.youtube.com/watch?v=uwvzLZayyP0
Sondagaand 21 Feb – Dr Nelius Steyn
Kliek gerus op die skakel vir ons aandiens Sondag 18h00. Dr. Nelius Steyn is aan die woord. Die aanddiens gaan oor hoe ons as gelowiges die vreemde situasie van covid moet hanteer. Wat sê God in die Bybel daarvan en hoe moet ons nou maak of nie maak nie…
Sondagaand 14 Februarie 2021 – Prop. Elané Sassenberg
Op Valentynsdag staan ons stil by God se lig wat deur ons skyn as liefde. Kliek gerus hier om die erediens te kyk.
Sondagaand 7 Februarie 2021 – Ds Heinrich Carstens
Na aanleidng van Markus 1:29-39 kyk ons bietjie na ‘n dag in die lewe van Jesus… en veral hoe Hy dit begin!
Toewydingsreeks 2021
Met vanjaar se TOEWYDINGSREEKS het ons stilgestaan by die boek Openbaring en veral dan die briewe aan die sewe gemeentes in Klein-Asië. Ons wil hoor wat die Gees vir die gemeentes sê, sodat ons die Heilige Gees kan volg deur die OOP DEUR om God se koninkryk na die stad en wêreld te neem.
Sondag 24 Januarie 2021- Dr Petrus Moolman
Tema: By wie anders is daar vrede in hierdie tyd anders as by God? Om op die diens in te skakel kliek hier https://youtu.be/yXpbBwZ_LKQ
Sondag 17 Januarie 2021 – Ds Heinrich Carstens
As jy eerskomende Sondag (17 Januarie 2021) om 09:00 deel wil wees van NG Gemeente Overkruin se AANLYN-EREDIENS, is jy welkom om hierdie skakel na ons gemeente se YouTube-kanaal te gebruik. Ons lees die pragtige Psalm 139 en raak weer bewus daarvan dat God by ons is… in ons is… oral en altyd en daarom…
Sondag 10 Januarie 2021 – Ds. Corné Randall
Hoe beleef ons die mag van die stem van God vandag? Hoe leef ons op grond daarvan? God wil in `n persoonlike verhouding met jou en my leef, waar ons God nie net as die Skeppergod bely nie, maar ook ons eie stem by die stem/getuienis van Johannes die Doper en al die ander gelowiges…