Sondag 11 April – dr. Nelius Steyn

Dr. Nelius hanteer die Woordverkondiging vanuit Handelinge 4: 32 – 35.

Die tema van die erediens is: Sal iemand hand gee, asseblief?

Vir die opname van die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagaand 13 Junie 2021 – Dr. N. Steyn

Tydens vandag se aanddiens staan ons stil by die verkiesing van Dawid as koning. God kyk anders as wat mense (in die geval Samuel) kyk. So kyk God ook anders na ons! Ons onderskat of oorskat ander en onsself, maar God ken die potensiaal wat Hy in ons geplaas het. Teks: 1 Samuel 15:34 –…

Luister na die preek...

Sondagoggend 13 Junie 2021 – ds. Corné Randall

Ons gaan voort met ons oggendreeks oor die KONINKRYK van GOD en staan vanoggend stil by die tema: Koninkryk – eendag, of hier en nou..? Daar is verwysing na verskeie tekste, maar ons fokustekste is Openbaring 4 en 21. Jy is welkom om saam te kom aanbid!

Luister na die preek...

Sondagaand 6 Junie 2021 – Ds. E. Sassenberg

Ons sluit aan by die oggenddiens en fokus op God as die enigste en ware Koning van die Koninkryk. Tydens hierdie diens vier ons ook verder Ds. Sassenberg se bevestiging. Teks: 1 Samuel 8:4-11 Tema: Net God is die Koning van die Koninkryk Kliek gerus op hierdie skakel om die diens te kyk.

Luister na die preek...

Sondagoggend 6 Junie 2021 – Prop. E. Sassenberg – Bevestiging

Ons het verlede week begin met ons nuwe reeks wat handel oor die Koninkryk. Vandag is die tweede Sondag van die reeks waar ons gaan fokus op God as die enigste en ware Koning van die Koninkryk. Tydens die diens word Prop. E. Sassenberg ook bevestig as predikant. Teks: 1 Samuel 8:4-11 Tema: Net God…

Luister na die preek...

Sondagaand 30 Mei – Dr Nelius Steyn

Sondagaand 18h00 fokus ons op Joh 3:8 “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”Tema: n nuwe koninkryk.Na Pinkster, die uitstorting van die Heilige Gees, breek n nuwe…

Luister na die preek...

Sondagoggend 30 Mei – Prop. Elané Sassenberg

Ons skop Sondagoggend 30 Mei om 9h00 af met ons kwartaal reeks met die oorhoofse tema: Laat U koninkryk kom!Sondag kyk ons na Matteus 4:12-17 met ons eerste tema vir die reeks: Die Koninkryk – ‘n Voëlvlug met ‘n appèl.Hier is die diens se skakel, indien julle graag so wil deel vorm: Kliek gerus die…

Luister na die preek...

Sondag 23 Mei 2021 – Aanddiens, Prop Elané Sassenberg.

Ons vier Pinksterfees saam met nagmaal. Kom vier dit saam met ons en besin oor die lewe wat God se Gees vir ons gee. God is nader as wat ons dink. Ons kyk na die verhaal van Esegiël 37 vanuit ‘n pinkster hoek punt. Kliek gerus op hierdie skakel om die erediens aanlyn te kyk.

Luister na die preek...

Sondag 23 Mei 2021 – ds. Corné Randall

Dit is Pinksterfees! Tydens hierdie erediens lees ons saam uit Esegiël 37: 1 – 14. Die tema van die erediens is: Die Gees gee LEWE. Ds. Corné hanteer die Woordverkondiging en dr. Petrus en prop. Elané bedien saam die sakrament van die Nagmaal. Jy is welkom om saam te kom aanbid! Vir die video van…

Luister na die preek...