Sondag 18 April 2021 – Prop Elané Sassenberg

Dis ons laaste Aanddiens voor die skole sluit. Kom beleef dit saam met ons. Die tema is: ‘n Afspraak met Jesus.

Kliek gerus op die skakel om die diens aanlyn te kyk.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagoggend 30 Mei – Prop. Elané Sassenberg

Ons skop Sondagoggend 30 Mei om 9h00 af met ons kwartaal reeks met die oorhoofse tema: Laat U koninkryk kom!Sondag kyk ons na Matteus 4:12-17 met ons eerste tema vir die reeks: Die Koninkryk – ‘n Voëlvlug met ‘n appèl.Hier is die diens se skakel, indien julle graag so wil deel vorm: Kliek gerus die…

Luister na die preek...

Sondag 23 Mei 2021 – Aanddiens, Prop Elané Sassenberg.

Ons vier Pinksterfees saam met nagmaal. Kom vier dit saam met ons en besin oor die lewe wat God se Gees vir ons gee. God is nader as wat ons dink. Ons kyk na die verhaal van Esegiël 37 vanuit ‘n pinkster hoek punt. Kliek gerus op hierdie skakel om die erediens aanlyn te kyk.

Luister na die preek...

Sondag 23 Mei 2021 – ds. Corné Randall

Dit is Pinksterfees! Tydens hierdie erediens lees ons saam uit Esegiël 37: 1 – 14. Die tema van die erediens is: Die Gees gee LEWE. Ds. Corné hanteer die Woordverkondiging en dr. Petrus en prop. Elané bedien saam die sakrament van die Nagmaal. Jy is welkom om saam te kom aanbid! Vir die video van…

Luister na die preek...

Donderdagaand 20 Mei 2021 – Pinkster 5 – dr. Thinus van Staden

Tydens vanaand se aanddiens, reis ons verder deur die Evangelie van Markus wanneer ons saam lees uit Markus 5: 1 – 20. Die tema van vandag se erediens is: Ons leef in die Heilige Gees, maar daar is ook onrein geeste in die wêreld Vir die opname van die preek, volg gerus die skakel. Vir…

Luister na die preek...

Dinsdagaand 18 Mei 2021 – Pinkster 3 – dr. Thinus van Staden

Tydens vanaand se erediens lees dr. Thinus uit Markus Vir die klankbaan van die preek, volg die skakel. Vir die video na die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Luister na die preek...

Sondagaand 16 Mei 2021 – Pinkster 1 – dr. Thinus van Staden.

Tydens vanaand se aanddiens skop ons Pinksterreeks af. dr. Thinus lees uit Markus 1: 1 – 8; 9 – 11. Jy is welkom om saam te kom aanbid. Vir `n klankopname van die preek, volg die skakel. Vir die volledige video van die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Luister na die preek...

Sondag 16 Mei 2021 09:00 Dr Petrus Moolman

Om by die diens in te skakel, kliek hierhttps://youtu.be/fdq2xuwi5SY

Luister na die preek...

Sondag 2 Mei 2021 om 09:00 Dr Petrus Moolman

Om na die diens te kyk, kliek hierhttps://youtu.be/FAMUYEgDE-c

Luister na die preek...