Sondag 23 Oktober 2022 – Ds. Willie Rothmann


Goeiedag geloofamilie,
Daar is baie storms in ons lewens. Die voordeel van storms natuur, is dat ons dit kan sien kom. Ons kan daarvoor voorberei en sekere voorsorgmaatreels tref.
Ons lewens is ongelukkig van so aard dat ons nie altyd alle storms sien kom nie. Daar is emosionele en geestelike storms. Storms wat so skielik oor ons lewens kom, dat ons hoegenaamd geen voorsorgmaatreels kan tref nie. Of storms wat dormant in ons harte en gedagtes rusteloos wag, en skielik losbars…
Storms van vrae oor ongeregtigheid, misdaad, droogte, korrupsie, wanhoop, armoede, werkloosheid/onsekerheid; daar is innerlike storms van konflik en spanning wat ons nie wil los nie; storms van innerlike seer en pyn wat ons eerder sal wil vermy.
Omdat ons soms onwillekeurig vasgevang is in hierdie skielike storms, vind ons onsself dikwels in die posisie van die dissipels in die middel van die die storm op die see; di
Die ongelukkige gevolg hiervan is dat ons soos die dissipels gedurende die storm op die see, wil vasklou aan die bietjie sekerheid wat tot ons beskikking is.
Sondag 23 Oktober praat ons saam oor die verhaal waar Jesus reageer op Petrus se versoek om op die water na Jesus te te gaan.
Is ons bereid om dieselfde te doen? is ons bereid om ‘n geloofstree te gee in die storms van onsekerheid in ons eie lewens.

Jy is welkom om saam te kom aanbid.

Groete
Willie
Teks: Matt 14:22-33
Tema: ‘n Tree in geloof as die storms woed