Sondagoggend, 13 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Ons lees saam uit Korintiërs 15 waar nie net Paulus se integriteit in gedrang was nie, maar ook elkeen van ons se integriteit. Kom dink saam na oor die hart van ons geloof. Volg gerus die skakel om deel te word van die diens.
Sondag 6 Februarie 2022 Dr Petrus Moolman
Ons vra die vraag of Jesus in 2022 nog steeds ‘verskyn’ om sy teenwoordigheid te bevestig. Om hierdie erediens te kyk gebruik hierdie skakel: https://youtu.be/dOGTWTkZRJw
Sondagaand, 6 Februarie 2022 – Dr. N Steyn. Gr. 8 Aand
Hoe voel ‘n wurm? Hoe voel ‘n vlinder? Dit is moeilik om te se, maar tog is dit iets wat elkeen van ons beleef! Kom deel Sondagaand in God se belofte vir elkeen van ons: Dat Hy jou deur elke fase van jou lewe sal neem en op die wieke van sy wind sal laat…
Sondagoggend 30 Januarie 2022 Dr Petrus Moolman
Om hierdie diens te kyk, gebruik hierdie skakehttps://youtu.be/oMKBKpZ9ssol:
Sondagaand, 30 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Dit is Sondagaand ons leiersaand. Ons dink saam oor leierskap in ons alledaagse lewe. Teks: Efesiërs 4:4-7 & 11-13 Tema: 1 + 1 = 2 Skakel gerus in deur om hier te kliek en kom dink saam met ons na oor jou perspektief oor die lewe.
Toewydingsreeks – Sondagoggend 23 Januarie 2022 – Ds. C. Randall
Vanoggend skop ons Toewydingsreeks met die tema: Betekenisvolle verhoudings af. Teks: Matteus: 22:37-40. Tema: Beginsel 1 – koester verhoudings. Tydens hierdie erediens word die sakrament van die doop ook bedien. Jy is baie welkom om saam te kom aanbid!
Sondagoggend, 16 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Sondagoggend gesels ons oor liefde, liefde wat ons nie noodwendig verstaan of aanvaar nie. Ons dink saam oor die vraag wie en wat is ons in die hande van die Here. Kliek gerus op die skakel om deel te word van die erediens.
KERSFEES 25 DESEMBER 2021 Dr Petrus Moolman
Om die diens te kyk, gebruik hierdie skakel https://youtu.be/DVOGcHDg15o