Sondag 4 April 2021 – ds. Corné Randall

Christus het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan! Tydens vanogggend se PaasFEES erediens lees ons uit 1 Kor 15: 12 – 20.

Kom vier saam met ons FEES.

Jy is baie welkom om saam te aanbid. Vir die volledige erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagaand, 5 September 2021 – Ds. E Sassenberg

Ons lees uit Jakobus se hoofstuk twee waar daar ‘n baie belangrike tema na vore kom, die slegte gewoonte om te vooroordeel. Dit is ‘n tema wat almal raak , dit maak nie saak in watter lewensfases of ouderdom en omstandighede jy jouself bevind nie. Teks: Jakobus 2:1-17 Tema: Die witbroodjie? Skakel gerus in by…

Luister na die preek...

Sondagaand – 29 Augustus 2021, Ds. E Horn

Ons begin ‘n nuwe reeks uit die brief van Jakobus oor hoé om te lewe, as jy vol lewe is, na die reeks uit Efesiërs oor vol lewe! Dit gaan oor praktiese Christenskap. “Só maak mens…” TEMA: “Só leef mens, as jy vól lewe is!” In die lewe beleef ons dikwels ook die suur van die lewe. Beproewinge,…

Luister na die preek...

Sondagaand, 22 Aug 2021 – Dr. N Steyn

Waarin lê ons beskerming? In wat ons doen of in wie ons in Jesus Christus is? Ons identiteit in Hom… Teks: Efes 6:10-20 Tema: Staan vas in die Naam van die Heer! Kliek gerus op die skakel om die erediens by te woon.

Luister na die preek...

Sondagoggend 22 Augustus 2021 – Ds. C. Randall

Tema: Ek glo… in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here. Teks: Matteus 16: 24 – 28. Ons vier ook saam Nagmaal. Jy is welkom om saam te kom aanbid! Vir die volledige erediens, druk op die onderstaande prentjie:

Luister na die preek...

Sondagoggend 15 Augustus 2021 – Ds. E Sassenberg

Ons is by die vierde tema van ons nuwe reeks, Ek glo… die hart van my geloof. Sondag se tema is: Ek glo in God die Vader, omdat Hy my Vader in die Hemel is. Ons gaan lees uit Joh 8:31-47. Kliek gerus op die skakel om die erediens by te woon.

Luister na die preek...

Sondagaand 15 Augustus 2021 – Ds. C. Randall

Ons lewe in `n tyd waarin ons oorlaai word met tegnologie en vol programme…Tydens vanaand se erediens dink ons saam na aanleiding van Efesiërs 5: 6 – 20 oor `n vol lewe. Jy is welkom om saam te kom aanbid!

Luister na die preek...

Sondagoggend 8 Augustus 2021 – 09:00 Dr Petrus Moolman

Ons kyk na die Apostoliese Geloofsbelydenis waarin ons bely: Ek glo God …. die ALMAGTIGE, SKEPPER van die hemel en die aarde Om in hierdie erdiens te deel, kliek hier …https://youtu.be/C4QuprXMGo0

Luister na die preek...

Sondagaand – 1 Aug 2021, Dr. N Steyn

Die tema is: Om groot te word… is nie vir sussies nie! Die teks kom uit Efesiers 4:13: “So sal ons almal uiteindelik kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk soos n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos…

Luister na die preek...