Sondagaand 13 Junie 2021 – Dr. N. Steyn

Tydens vandag se aanddiens staan ons stil by die verkiesing van Dawid as koning. God kyk anders as wat mense (in die geval Samuel) kyk. So kyk God ook anders na ons! Ons onderskat of oorskat ander en onsself, maar God ken die potensiaal wat Hy in ons geplaas het.

Teks: 1 Samuel 15:34 – 16:13

Tema: Die Here kyk anders!

Kom aanbid saam!