Sondagaand 22 Januarie 2023 – Ds. Heinrich Stapelberg

Geloofsfamilie, ek is ook die aand aan die beurt.
Ons begin Sondag aand met ons Toewydingsreeks: “Hy moet meer word en ek minder”
Ek skop af met die tema: God se spieëls. Elkeen van ons is geskep in die beeld van God. Dit gee vir elkeen van ons ‘n verantwoordelikheid om te lewe volgend die waardes, liefde en genade wat Hy aan ons openbaar. Kom luister gerus saam hoe Paulus oor hierdie saak gedink het.
Sien uit om jou daar te sien.
Groete
Ds. Heinrich