Sondagoggend, 10 Oktober 2021 – Ds. E Sassenberg

Ons lees saam uit Markus 10:17-31. Wat ‘n interessante gedagte om ‘n kameel deur die oog van ‘n naald te trek? Kom ons dink saam oor God se genade en geskenk wat Hy vir ons gee.

Tema: Nie houding nie- Verhouding!

Skakel gerus in by die diens deur om op die volgende skakel te kliek.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagoggend, 21 November 2021 – Ds. E Sassenberg

Sondagoggend gesels ons oor die die verbond wat God met ons as sy kinders vas gestel het. Ons gaan ook die geleentheid kry om tydens die diens vir Luan Oosthuizen te doop. Ons is opgewonde saam met sy familie dat hy deel word as lid van ons gemeenskap van gelowiges. Teks: 2 Samuel 23:1-5 Tema:…

Luister na die preek...

Sondagaand, 7 November 2021 – Dr. N Steyn

Almal wil graag gelukkig wees! Maar wat is dit wat ons werklik gelukkig maak? Teks: Markus 12:38-44 Tema: Gee jy vanuit jou oorvloed of gebrek? Kliek gerus op die skakel om deel te wees van die erediens.

Luister na die preek...

Sondagaand, 21 November 2021 – Ds. E Sassenberg

Kom vier gerus kersfees saam met ons deur om die Here se naam te loof en te prys. Deur musiek gaan ons op ‘n reis deur die kersverhaal terwyl ons ook fokus op ons uitkyk op die toekoms. Teks: Matteus 2:9 -11 Tema: ‘n Wyse Ontdekking Volg gerus hierdie skakel om deel te wees van…

Luister na die preek...

Sondagaand 14 November 2021 – Ds. C. Randall

Teks: Lukas 5:1-11. Tema: Ichthys Kom deel gerus in hierdie spesiale geleentheid!

Luister na die preek...

Sondagoggend 14 November 2021 – Ds. C. Randall

Teks: Efesiërs 5:6-20. Tema: Kom, weeg ‘n bietjie … Jy is baie welkom om saam te kom aanbid.

Luister na die preek...

Sondagaand, 31 Oktober 2021 – Dr. N Steyn

More-aand 18:00 se tema by die nagmaal en toewyding van leiers is: Lei deur te dien! Vanuit Jesaja 40:31 en die groot gebod in Markus 12:28-34. Wil jy koning kraai, of so op God vertrou dat jy met arendsvlerke sweef? Kom deel gerus in hierdie spesiale geleentheid! Kliek gerus die volgende skakel vir die erediens.

Luister na die preek...

Sondagoggend, 31 Oktober 2021 – Ds. E Sassenberg

Ons sluit Sondag af met ons reeks – Ek glo. Ons gaan saam terug dink aan wat ons vier op Hervormings-Sondag  .   Ons gaan ook daarna saam die nagmaal vier en dank birng aan die Here. Teks: Open. 21:1-8 Tema: Ek glo aan die OPSTANDING en die EWIGE LEWE. Kliek gerus op die skakel indien…

Luister na die preek...

Dr Petrus Moolman Sondagaand 24 Oktober 2021

Om na hierdie diens te kyk, gebruik hierdie skakel https://youtu.be/1K_2d7sfzOo

Luister na die preek...