Sondagoggend, 28 November 2021 – Ds. E Sassenberg

Kom vier saam met ons die eerste Advents Sondag. Ons staan stil by hoop en dink terug aan die goeie nuus.

Teks: Lukas 1:38

Tema: Aankondiging van die geboorte

Volg gerus die skakel vir die erediens.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

Sondagoggend, 13 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Ons lees saam uit Korintiërs 15 waar nie net Paulus se integriteit in gedrang was nie, maar ook elkeen van ons se integriteit. Kom dink saam na oor die hart van ons geloof. Volg gerus die skakel om deel te word van die diens.

Luister na die preek...

Sondag 6 Februarie 2022 Dr Petrus Moolman

Ons vra die vraag of Jesus in 2022 nog steeds ‘verskyn’ om sy teenwoordigheid te bevestig. Om hierdie erediens te kyk gebruik hierdie skakel: https://youtu.be/dOGTWTkZRJw

Luister na die preek...

Sondagaand, 6 Februarie 2022 – Dr. N Steyn. Gr. 8 Aand

Hoe voel ‘n wurm? Hoe voel ‘n vlinder? Dit is moeilik om te se, maar tog is dit iets wat elkeen van ons beleef! Kom deel Sondagaand in God se belofte vir elkeen van ons: Dat Hy jou deur elke fase van jou lewe sal neem en op die wieke van sy wind sal laat…

Luister na die preek...

Sondagoggend 30 Januarie 2022 Dr Petrus Moolman

Om hierdie diens te kyk, gebruik hierdie skakehttps://youtu.be/oMKBKpZ9ssol:

Luister na die preek...

Sondagaand, 30 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Dit is Sondagaand ons leiersaand. Ons dink saam oor leierskap in ons alledaagse lewe. Teks: Efesiërs 4:4-7 & 11-13 Tema: 1 + 1 = 2 Skakel gerus in deur om hier te kliek en kom dink saam met ons na oor jou perspektief oor die lewe.

Luister na die preek...

Toewydingsreeks – Sondagoggend 23 Januarie 2022 – Ds. C. Randall

Vanoggend skop ons Toewydingsreeks met die tema: Betekenisvolle verhoudings af. Teks: Matteus: 22:37-40. Tema: Beginsel 1 – koester verhoudings. Tydens hierdie erediens word die sakrament van die doop ook bedien. Jy is baie welkom om saam te kom aanbid!

Luister na die preek...

Sondagoggend, 16 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg

Sondagoggend gesels ons oor liefde, liefde wat ons nie noodwendig verstaan of aanvaar nie. Ons dink saam oor die vraag wie en wat is ons in die hande van die Here. Kliek gerus op die skakel om deel te word van die erediens.

Luister na die preek...

Sondag 26 Desember 2021 Dr Petrus Moolman

om https://youtu.be/eCtNJ-1qQXona hierdei video te kryk, gebruik hierdie skakel:

Luister na die preek...