STRAF God met Covid-19?

Petrus Moolman (PhD)
In Covid-19 afsondering, Maart 2020

Laai PDF dokument hier af.

Sedert almal in verpligte afsondering geplaas is, word die sosiale media oorstroom met boodskappe en plasings van godsdienstige aard. Baie van hulle is kosbaar en opbouend. Ander is egter ontstellend en vir baie gelowiges verwarrend. Dit maak mense onseker in hulle geloof en geloofstandpunte. Seker die mees gepubliseerdee en rondgestuurde boodskap is die volgende:

Quarantine and PRAY

“Go, my people, Enter your rooms behind you. Take cover, For in a little while the fury will be over” Isaiah 26:20

Look as Script and date of lock-down 26/2020

As dit nie so ernstig was nie, sou mens daaroor kon lag. Dit is niks anders nie ‘n goëlery met hoofstuk- en teksnommers in die Bybel. Mens sou talle kritiese vrae aan dié vroomheid kon stel: Jesaja skryf ongeveer 740-690 VC in baie spesifieke, historiese omstandighede. Wie straf God nou einlik vandag – nie-Christen godsdienste, sy Christenkinders, almal? Trouens, mens sou dié tyd van isolasie nogal ‘n interessante studie kon maak van alle boeke in die bybel met minstens 26 hoofstukke en 20 verse om te sien wat almal sê. Ek wonder net krities waarom die maand van Maart (03) nie in berekening gebring is nie, want dit sou die goëltoertjie nog interessanter maak! Feit is, mens lees gewoon nie die Bybel op dié manier nie. Indien jy vindingryk genoeg is kan jy letterlik enigiets met enige kombinasie van syfers uit die Bybel as “waarheid” of selfs “profesie” optower.

Wat wel belangrik is, is die feit dat dié tipe boodskappe (alhoewel verdwaald) tog met ‘n belangrike teologiese vraag vir ons oomblik worstel: Straf God ons (of die wêreld) in tye van krisis en swaarkry? Waar is God in dié tyd en watter aandeel het Hy aan die situasie?

In die teologie staan dié vraag as die “Teodisee” vraag bekend. In eenvoudige taal sommer net die “waarom”-vraag. Dit is gewoonlik die vraag wat heel eerste in ons gedagte en oor ons lippe kom wanneer ‘n krisis ons tref. Waarom Here? Waar is U, Here? Waarom laat U dit toe? Die maklikste (menslike) antwoord is: God straf ons. Of Hy toets ons. Ons moet daarom net vasbyt, ons sal veilig anderkant uitkom. Goeie gelowiges gaan dit maak.

Dit is ook een van die teologiese onderwerpe waaroor daar deur die eeue vragte publikasies opgelewer het. Dikwels wyd uiteenlopend. Vir ons Gereformeerde gemoed is daar ook
bekende skrywers wat ons help om die antwoorde op ons ernstige kwelvrae in krisistye soos tans te vind. Om sommer net ‘n geskikte antwoord vir ons spesifieke dag te bekom, het ek hoofsaaklik op twee artikels van Prof Danie Louw staatgemaaki. Ek het dit ook aangevul , met ‘n lys van teologiese publikasies wat verder hieroor geraadpleeg kan wordii. In sy aanpak van die “waarom”-vraag in die twee vermelde artikels, konsentreer Louw op die boek Job. ‘n Mens sou Job nogal as ‘n klassieke debat oor die waarom-vraag kon beskou.

Job is een van daardie moeilike boeke, veral as gevolg van die styl en literatuursoort waarin dit vir ons aangebied word. Ek gaan nie in op die talle basiese vrae soos die skrywer en die tyd van ontstaan in nie, maar volg graag die baie bruikbare lyn wat Louw vir ons aandui.

Job en sy vriende debatteer heel uiteenlopend oor die vraagstuk van Job se krisis en lyding. Almal van hulle worstel egter met die vraag hoe God betrokke is by mense se krisis en lyding. Louw wys ons op die verskil tussen hulle argumente: • Die drie vriende van Job sien God se optrede as redelik vanselfsprekend (soos die boodskap wat ek aan die begin aangehaal het). Hulle worstel met die oorsake van Job se krisis. Vir hulle is dit redelik vanselfsprekend. God is rustig, byna meganies besig om straf uit te deel. Lyding en krisis is gewoon die straf op sonde (kyk Job 4:78 ;Job 8:11). Daar is ‘n direkte lyn tussen oorsaak en gevolg. God is eintlik ‘n tiran wat sy sondaarvolgelinge altyd met vlammende oë dophou (Job 16:8-9). Dit is presies wat Satan aan die begin van die boek sê (Job 1:9-11). o So beskouing van God maak geloof en godsdiens streng voorskriftelik. o Wanneer so ‘n gelowige God prakties volg, doen hulle dit om self voordeel te trek – alles dat God my tog net nie straf en benadeel nie. Hulle dien God sodat dit met hulle kan goedgaan. Miskien is dit nie so onbekend nie. Het ons nie dikwels, toe ons kinders was, gehoor: Jesus gaan jou straf. Jy mag nie op Sondag brei nie, want dan druk jy die kroon van Jesus dieper op sy kop in. As jy soet is gaan Jesus dit en dat doen om jou te vergoed? Ons hoor ook soms dat ons mildelik moet gee, want jy gaan dit in oorvloed weer terugkry. • Job sien God anders. Hy worstel met God. Hy vloek Hom nie, maar wroeg oor sy eie lewe (Job 16:7). Hy vervloek selfs sy eie geboortedag. Sy vriende is kwaksalwerteoloë (Job 13:4). Hy verkies om pleitend met God daaroor te praat (Job 13:3). In sy diepe emosionele uitroepe is hy ten diepste besig om te bid. Hy stel nie belang in ‘n “meganiese” God nie, maar vra na ‘n persoonlike God. Hy verstaan dit nie, maar wil op God se beheer bly hoop (Job 13:15). Louw skryf: “Job probeer nie om God logies te beheer nie, maar om onder God se beheer te bly leef”iii. Dié teologie van Job het ‘n ander gevolg vir geloof in God: o Die gelowige werk nie met ‘n sonde-straf (oorsaak-gevolg) geloofsmodel nie, maar met ‘n alhoewel-nogtans skema (kyk die bekende Hab 3:17-19). o God is nie die oorsaak van die krisis nie. Hy stel dit nie op om my te toets en daarna te straf nie. God is IN die Krisis. Hy het die natuur en natuurkragte gemaak en is groter as die krisis wat binne die natuurkragte se uitwerking funksioneer.
o Sy geloof is nie voorwaardelik nie. Ek glo nie meer tot voordeel van myself nie, maar tot voordeel van God. o God antwoord Job uit die storm (Job 38:1) as die Verbondsgod wat eerste uitgereik het na die mens – nie andersom nie.

Kyk weer mooi na die gesprekke in Job en let weer op die benaderingsverskil tussen Job se vriende en Job. Hulle kyk na die God vanuit die krisis en lyding, en sien God as die God VAN die krisis. Job kyk na die probleem vanuit die perspektief van die soewereine, liefdevolle Verbondsgod, en tree met Hom in gesprek. Hy vra nie na die getrouheid (of sy ontrou!) nie. Hy worstel met die vraag HOE die gelowige in sy krisis aan God behoort vas te hou sonder om aan Hom te twyfel. Selfs al doen hy dit skreeuend, roepend, sugtend. Daar is heelwat Psalmdigters wat dieselfde doen (kyk bv Ps 13:2,3; Ps 38:4-12; 42:4, 10-11, om maar net ‘n paar te noem). In ‘n bekende boekie van Ferdinand Deistiv het hy uitgewys dat dit die unieke kenmerk van die gelowige is wat in ‘n persoonlike verhouding met God leef. So ‘n mens kan met God praat, ook skreeuend, roepend in my krisis. Net soos ek dit met my aardse pa wat vir my lief is sou doen. Hy sal jou nie stilmaak en jou op jou plek wys nie. Hy verstaan die taal van jou krisis– Hy hoor jou nood. Job ervaar God as God IN my krisis. Hy is nooit weg nie. Hy skep nie die krisis en sit rustig terug om vir my punte te gee vir die manier waarop ek dit hanteer nie. Hy dra my deur die krisis. Die manier waarop ek gelowig en met afwagting op sy teenwoordighied in my krisis reageer, het ten gevolg dat my geloof in en verhouding met Hom selfs sterker en suiwerder as voorheen word (1 Pet 1: 6-7).

Uiteindelik herstel God Job se posisie. Hy bid selfs vir sy vriende. God gee vir Job tweekeer soveel as wat hy voor die krisis gehad het. Sy rykdom vanuit die ervaring het egter nie gelê in die feit dat sy bankrekening nou groter was nie. Vir Job self het sy rykdom gelê in die manier waarop hy God herontdek het. Hy het God binne in die krisis gesien – dit het hom skatryk gemaak. Eerder as straf, het God Job vanuit die krisis omvattend geseën (Job 42:2-6)

Ek het as ‘n student by ‘n studentevriend se (wat ons gevrees het) terminale siekbed gestaan en hom probeer bystaan. “Gelukkig weet ons aan wie om vas te hou”, het ek onbeholpe getroos. Toe antwoord hy: “Ons hou nie vas nie, ons word vasgehou”! Hy het nog twee jaar geleef…
i Louw, D.J. 1982. Job 33:23-30. (In Woord teen die Lig 2 – Riglyne vir lydensprediking). p. 30-36; Louw, D.J. 1979. Hóóp-volle perspektiewe vir die pastoraat aan die lydende vanuit die boek Job. (In Die Ou Testament Vandag – huldigingsbundel opgedra aan prof. P.A. Verhoef). p.172-183.

ii Verdere interessante bronne: Boezak, W., 2017, ‘Die gewonde God: ’n Teologies-etiese besinning, veral vanuit Khoisan-perspektief’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 73(4), p. 8-10. König, A. 2002. God, waarom lyk die wêreld so? Wellington: Lux Verbi.BM p. 25-27 Kroeze, J.H. 1961. Het Boek Job. Commentaar op het Oude Testament. Kampen: J.H. Kok. Kroeze, J.H. 1978. Geveg met God. N.G. Kerkboekhandel, Transvaal.

iii Louw, 1979:175.

iv Deist, F.A. 1978. Tussen angs en sekerheid: gedagtes rondom gebed. Kaapstad: Tafelberg.

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
Psalms 16:11

Hemel op aarde – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel gesels dr. Petrus Moolman oor die dieper betekenis van hierdie algemene uitdrukking wat ons dikwels gebruik… dis nou “hemel op aarde”. Jy kan die volledige artikel lees deur op hierdie skakel te kliek.

Luister na die preek...

Om in Jesus se lyf te leef – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel deel Dr. Petrus Moolman ‘n paar gedagtes oor die realiteit daarvan dat Jesus liggaamlik op aarde geleef het en wat dit dan ook vir ons beteken om deel te wees van Sy liggaam. Lees die hele artikel deur op hierdie skakel te kliek.

Luister na die preek...

Geloof in ‘n tyd soos hierdie – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel deel Dr. Petrus Moolman ‘n paar gedagtes oor die verskil wat geloof (en spesifiek dan geloof in die Drie-Enige God) in ‘n tyd soos hierdie in ons lewens kan maak. En miskien is dit tyd dat ons ook nuwe geloofslense sal kry om juis perspektief te kry op die tyd waarin God…

Luister na die preek...

Twyfel – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel deel Dr. Petrus Moolman ‘n paar gedagtes deel oor die vraag of dit normaal is dat ‘n gelowige soms vertwyfeling ervaar in ons geloof. Kan mens begin vrae vra oor dinge wat ek tot nou altyd as vas en waar aanvaar het? Sy slotsom is dat ons verby die wasigheid van twyfel…

Luister na die preek...

Vryheid – Dr. Petrus Moolman

In hierdie artikel gesels Dr. Petrus Moolman oor vryheid en wat dit vir ons as gelowiges beteken ook nou in die COVID-19-grendeltyd. Sy slotsom is dat ons kan droom oor ‘n toekoms, aangesien ons vry ís in Christus. Lees die hele artikel deur op hierdie skakel te kliek.

Luister na die preek...

Lyding en Hoop – Dr. Petrus Moolman

Lydenstyd 2020 en Paasnaweek is agter die rug. Ons het dit oorleef en is gestimuleer deur mandjiesvol boodskappe, preke en sommer net onderlinge bemoediging. Dit is goed dat ons die Paasnaweek in afsondering kon vier. Dit het tog ‘n ander dimensie aan die lig gebring van stilword, bepeinsing en selfontdekking. Gedurende hierdie tyd het ek na…

Luister na die preek...

Kan gegrendel wees betekenis hê?

Laai die PDF hier af. Dr Petrus Moolman reflekteer oor die betekenis daarvan om “gegrendel” te wees… In Covid-19 afsondering, April 2020 Met hierdie praatjie probeer ek sommer bietjie padlangs oor die begrip ‘betekenis’ gesels. Dit is nie nog ‘n lysie van dinge wat jy gedurende die tyd van afsondering kan doen nie. Ons hoor die begrip ‘betekenis’ of ‘betekenisvol’ nogal…

Luister na die preek...

Huiskerk

Ds. Heinrich Carstens het 6 liturgieë uitgewerk wat jy kan gebruik om saam met jou huismense ‘n huiserediens te hou. Laai Huiskerk #1 se PDF hier af. Laai Huiskerk #2 se PDF hier af. Laai Huiskerk #3 se PDF hier af. Laai Huiskerk #4 se PDF hier af. Laai Huiskerk #5 se PDF hier af….

Luister na die preek...

Groot-Lydensweek-2020-n-Meditatiewe-hulpmiddel.-ds.-Corné-Randall

Laai PDF hier af LYDENSWEEK `n Meditatiewe hulpmiddel wat jy kan gebruik om jou te help om iets van Groot Lydensweek te beleef, oor dit na te dink en deel te maak van jou eie lewe. Beste lidmaat, Die doel van hierdie boekie is om jou te begelei om iets van die lydensweg wat Jesus…

Luister na die preek...

HOE WERK ALLEENWEES & EENSAAMHEID?

Dr Petrus Moolman In Covid-19 afsondering, Maart 2020 Laai PDF dokument hier af. Covid-19, die wêreldwye Coronavirus het die aarde met ‘n slag getref! Hoe snaaks dit ookal mag klink, in sommige opsigte is dit die beste ding wat ooit kon gebeur het. Ek verwys spesifiek na die aarde. Oral is daar tekens dat die…

Luister na die preek...