Toewydingsreeks 2021

Met vanjaar se TOEWYDINGSREEKS het ons stilgestaan by die boek Openbaring en veral dan die briewe aan die sewe gemeentes in Klein-Asië. Ons wil hoor wat die Gees vir die gemeentes sê, sodat ons die Heilige Gees kan volg deur die OOP DEUR om God se koninkryk na die stad en wêreld te neem.

Sondag 7 Februarie 2021
Donderdag 4 Februarie 2021
Woensdag 3 Februarie 2021
Dinsdag 2 Februarie 2021
Maandag 1 Februarie 2021
Sondagaand 31 Januarie 2021
Sondagoggend 31 Januarie 2021

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Johannes 1:12

SONDAG 14 FEBRUARIE DR PETRUS MOOLMAN

By hierdie geleentheid peil ons die helderheid van die Lig van die Evangelie en hoe skerp ons dit dit wêreld indra. Volg hierdie skakel om na die erediens te luister https://www.youtube.com/watch?v=uwvzLZayyP0

Luister na die preek...

Sondagaand 21 Feb – Dr Nelius Steyn

Kliek gerus op die skakel vir ons aandiens Sondag 18h00. Dr. Nelius Steyn is aan die woord. Die aanddiens gaan oor hoe ons as gelowiges die vreemde situasie van covid moet hanteer. Wat sê God in die Bybel daarvan en hoe moet ons nou maak of nie maak nie…

Luister na die preek...

Sondagaand 14 Februarie 2021 – Prop. Elané Sassenberg

Op Valentynsdag staan ons stil by God se lig wat deur ons skyn as liefde. Kliek gerus hier om die erediens te kyk.

Luister na die preek...

Sondagaand 7 Februarie 2021 – Ds Heinrich Carstens

Na aanleidng van Markus 1:29-39 kyk ons bietjie na ‘n dag in die lewe van Jesus… en veral hoe Hy dit begin!

Luister na die preek...

Sondag 24 Januarie 2021- Dr Petrus Moolman

Tema: By wie anders is daar vrede in hierdie tyd anders as by God? Om op die diens in te skakel kliek hier https://youtu.be/yXpbBwZ_LKQ

Luister na die preek...

Sondag 17 Januarie 2021 – Ds Heinrich Carstens

As jy eerskomende Sondag (17 Januarie 2021) om 09:00 deel wil wees van NG Gemeente Overkruin se AANLYN-EREDIENS, is jy welkom om hierdie skakel na ons gemeente se YouTube-kanaal te gebruik. Ons lees die pragtige Psalm 139 en raak weer bewus daarvan dat God by ons is… in ons is… oral en altyd en daarom…

Luister na die preek...

Sondag 10 Januarie 2021 – Ds. Corné Randall

Hoe beleef ons die mag van die stem van God vandag? Hoe leef ons op grond daarvan? God wil in `n persoonlike verhouding met jou en my leef, waar ons God nie net as die Skeppergod bely nie, maar ook ons eie stem by die stem/getuienis van Johannes die Doper en al die ander gelowiges…

Luister na die preek...

Sondag 3 Januarie 2021 – Ds. Corné Randall

Tydens hierdie EPIFANIEFEESDIENS uit Jesaja 60: 1 – 6 gesels ons oor LIG… Vir die klankbaan van die erediens, volg die skakel Vir die video van die erediens, druk op die onderstaande prentjie.

Luister na die preek...