Aksiegroep - Aanbidding
Die doel van ons eredienste is dat dit, eerstens tot eer en verheerliking van God is, en tweedens lidmate begelei
tot ‘n werklike ontmoeting met God sodat hulle hulle roeping in die wêreld kan uitleef.
NG Overkruin het twee eredienste op ‘n Sondag. Die oggenderediens het ‘n meer tradisionele karakter met orrelbegeleiding en die aandienste ‘n meer
kontemporêre karakter met begeleiding deur ‘n band. Alhoewel die twee eredienste verskillende karakters het word daar gepoog om alle generasies in elke diens tuis te laat voel.
Aksiegroep Aanbidding se opdrag is om alles wat gepaart gaan met die beide erediens te bewerkstellig en sodoende die doel van ons eredienste te bereik.
Aanbidding streef daarna dat elke lidmaat, jonk en oud, tuis en betrokke te laat voel in die eredienste.
Musiek
Overkruin se aktiewe musiekbediening bied iets vir elkeen se smaak, van die fynproewer tot diegene wat meer tradisionelekerkmusiek verkies. Ons het 'n groot 3-manuaal pyporrel met nagenoeg 2000 orrelpype en 36 sprekende registers. Hierdie orrel wat in 1980/1981 deur Jan Roeleveld gebou is, is die grootste kerkorrel noord van die Magaliesberge en een van die grootste kerkorrels in Pretoria.
Saam met die orrel word daar ook gereeld instrumente bespeel soos trompet, viool, dwarsfluit, saksofoon, harp, kitaar en selfs doedelsak en konsertina. Soms span ons ook 'n klawerbord in.
Overkruin is ook een van die min gemeentes wat nog 'n koor (kantory) het. Die koorgetalle wissel tussen 20 en 30 lede.
Vir die jeug en ander persone wat 'n ander aanslag verkies, het ons 'n sangbediening bestaande uit 'n groep voorsangers, met begeleiding deur die orrel, klawerbord, klavier, kitaar en perkussie-instrumente. Hierdie groep tree hoofsaaklik by die meer jeuggerigte aanddienste op.
Ander musiekaktiwitiete wat by Overkruin plaasvind, is kerkkonserte, musiekkonserte, passiespele en koorfeeste.
Lidmate word uitgenooi om te kom deelneem aan die verskeidenheid aktiwiteite van die musiekbediening.
1. Luister na Somerkersfees
2. Luister na Die Hemel RoemOns CD is beskikbaar op aanvraag by die kerk kantoor.
Erediensversorging
Die Aksiegroep maak gebruik van vrywilige lidmate, oud en jonk om toe te sien dat eredienste vlot verloop. Dit sluit onder andere die verwelkoming by die deure, uitdeel van afkondigings en ander stukke, aanwys van sitplekke, verleen van hulp aan moeders met kinders asook lidmate in rolstoele in.
Multimedia
Die multimedia-bediening is verantwoordelik vir die beheer en versorging van alle oudiovisuele (multimedia) hulpmiddels wat tydens eredienste en ander geleenthede gebruik word. Daar is hoofsaaklik drie terreine waar gemeentelede betrokke is.
- Klank – Kan lidmate wat oor die nodige kennis van klanktoerusting beskik inskakel. Dit sluit die opstel van mikrofone, beheer van die klankapparaat (verdeelbord), beheer van die luidsprekers en die speel van CDs en DVDs in.
- Elektroniese bord - Die elektroniese bord word gebruik vir die vertoon van die woorde van die liedere wat tydens dienste gesing word. Die span hanteer die opstel van die liedere, die programmering daarvan en die beheer van die rekenaar tydens dienste. Enige persoon met basiese kennis van 'n rekenaar kan kom help.
- Video - Die videoprojektor en -skerm word gebruik vir die vertoon van PowerPoint-aanbiedings, speel van DVDs en enige ander visuele snitte. Hulp word benodig met die bedryf van die rekenaar tydens eredienste en ander geleenthede.
Hendrik Oosthuizen
072 990 1326
Marleen Büre
084 069 9880
Dennis Wagner (Waarnemend)
083 462 2329
Dennis Wagner (Waarnemend)
083 462 2329
Arina Jordaan
012 567 4551
Rita Viljoen
083 484 8734
Dennis Wagner (Waarnemend)
083 462 2329
Nettie Wagner
083 276 7550
Ralie Bezuidenhout
079 279 4005