Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Overkruin

Die Ned Geref Gemeente Overkruin is 'n gemeente met ongeveer 1300 lidmate aan die noordekant van die Magaliesberg. Ons gemeente word bedien deur 1 voltydse leraar. Hy word bygestaan deur ‘n emeritus vir ons Omvattende Seniorvolwassenebediening, asook ‘n 2/3 deeltydse leraarspos.
Dit is 'n gemeente met 'n eie gereformeerde identiteit wat vernuwend oor haar roeping binne die groter samelewing dink.
As jy so bietjie verder op hierdie webwerf rondkuier sal jy ontdek dat ons gemeente met heelwat aksies 'n verskil probeer maak in lidmate en nie-lidmate se lewens.
Ons saamwees as gelowiges is vir ons belangrik en daarom sien ons ons eredienste as die feesgeleenthede waar God telkens geloof en aanbid word.
Ons kleingroepbyeenkomste sorg vir onderlinge verbondenheid en geestelike groei en ons uitreike na buite streef daarna om hoop aan mense te bring.